SAGTE PROTES NOTA AAN DIE WOORD

SAGTE PROTES NOTA AAN DIE WOORD

{in alfabetiese volgorde van h tot k}

 

Met my kettie om my nek

En klippies in my gatsak

Stap ek my eie voetpad.

 

Is daar nog vet moerbeiblare oor

vir die bontwurms in die skoendoos

om na ‘n papie ‘n geel hartjie

op ‘n stukkie uitgesnyde karton te spin,

vir ‘n boekmerkie in die ou Familie-Bybel?

 

Met my kettie om my nek

En klippies in my gatsak

Stap ek my eie voetpad.

 

Is daar nog bont oorskiet-lappies oor

vir die tannie in Lambertsbaai om ‘n

kniekombersie te maak en stukkie vir

stukkie met skaapwollietjies op te pof

vir ekstra warm kry?

 

Met my kettie om my nek

En klippies in my gatsak

Stap ek nou my eie voetpad.

 

Daar is niks meer oor nie.

Die moerbeiblare is droog.

Die sy-hartjie lê in die gras.

Die laslappies uitgefrommel,

want die mens het nou maar

net as ‘n broodkrummel bly lê

en om sy nek hang ‘n ou rek*

*rek verwys hier na die kettie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Start a Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: