‘N SAGTE PROTES.
{die antie wat bid}
Wat het van Kramer en sy Kombi geword?
Die turksvye langs die heining is ook weg.
Die antie met die blomhoed wat onkruid uittrek,
se hande is al moeg van tuinvurkie vashou,
in die grond druk, draai en onkruid uitpluk
tot haar knieë lam van kruip oor die grasperk,
om elke bossie, onkruid en verwoesting uit te haal.
Nou is Kramer se Kombi maar net ‘n onthou,
die antie in die tuin se vurkie in haar rug en
haar gebed is uit haar knieë geruk toe hulle
haar omgooi, omrol en weggooi, saam met die bossies,
haar bid is nou stil maar die krom in haar rug
op die grasperk is ‘n onthou van krismis en doekpoeding.
nes Kramer se Kombi
nes die Turksvye
nes die liefde
nes krismis
nou niks.
Leave a Reply