VOETPAD TOT HARTPAD
Die voetpad lyk mooi hierdie tyd van die jaar
hier en daar ‘n verlepte blom en blaar
maar all over is dit mooi bont – soos ‘n
strooimeisie-rok by ‘n lawwe-lewendige bruilof.
Die grappige-bont-leeubekkies staan gesig
teen die oggendson en net duskant staan
‘n klos Salie vir ‘n siel wat eens was.
Die Wit Magrietjies lyk maar vaal-agtig –
dis nog die Augustuswind se stof wat op
die wit blare vasklou soos ou onthou,
maar moenie worry, die reën is oppad
om daai stof af te was en te spoel tot anderkant
die blombedding tot in die waterstroom
waar die blink-groenkop-dameend skreeu
soos ‘n ‘ga’djie vannie kaap se taxi’
“Mobry-Kaap…..Mobry Kaap…Mobry-Kaap”
Maar my voeteval op die voetbad deur die tuin
het stil geword, want vandag, so paar jaar gerug
het sy gaan slaap….vir altyd.
Rus in Vrede my geliefde.
Leave a Reply