DRIES EN DIE ANTIFREEZE

DRIESIE EN DIE ANTIFREEZE

 

 

“Hallo Driesie, my kind. Hoekom is die skool dan so vroeg uit?”

“Ma, hou tog op om my ‘Driesie’ te noem. Ek is nou al in matriek. Dis DRIES”

“Jy sal my Driesie bly tot ek die dag my kop neerlê. Hallo Johan, hoe gaan dit met jou, Kind?”

“Goed dankie Tannie Frieda en met Tannie?”

“Goed my Kind, goed”

Frieda werk by die hardeware winkel op die hoek.  Sy is ‘n regte Moeder.  Hou die huishouding in die palm van haar hande en doen haar werk.  Almal ken vir Antie Frieda en niks word op skuld by die Hardeware verkoop nie. Cash en Kontant.

“Ag, Driesie, moet jy alewig daardie ou hoedjie met die veer in dra? Dit laat jou soos ‘n ou man lyk en jy het sulke mooi hare. Toe, Johan, sê vir Driesie om daai hoed af te haal.”

“Tannie, ek het al, maar Dries sê dis sy hoed en sy kop. Klaar”

Johan mik om die hoedjie af te haal. Dries keer. Hulle lag vir mekaar en Frieda kan nie help om ook maar ‘n smile te kry nie.

“Ma, Pa het gesê ek met ‘n bottel antifreeze vir die kar kom koop.  Hy het nie nou tyd om te kom nie”

“Maar jou pa het dan net laas week antifreeze gekoop en hy moet nog daarvoor betaal.  Die reël is  CASH ONLY, en dit geld vir familie ook.  Driesie, moenie dat ek julle vang sigarette koop nie.  Oom Joons by die kafee sal my vertel”

“Ma, ons rook nie. Al wat ons daar koop is chappies en groen koeldrank”

“Kom, hier agter is nog warm slap tjips en brood.  Lukas, kry daar vir ons ‘n bottel antifreeze vir Driesie.”

“Ok Merrim, Hallo Driesie my Kroon. Hoe gaan dit, My Kroon?”

“Goed dankie, Lukas. Hoe gaan dit met jou? Sien Ma, tot Lukas ‘Driesie’ my nou al. Waar is die brood en slap tjips, Ma? Kom Johan, ons gaan eet daar in die kantoor”

Lukas bring die antifreeze vir Frieda en sy lui dit op.

Driesie tel die geld uit en gee vir sy ma. Sy glimlag, vat die geld en sit die bottel antifreeze saam met die tillslippie in ‘n plastiek sak.

“Aai Merrim, Driesie is ‘n goeie kind. Ek laaik van hom kwaai.”

“Ja, Lukas, hy is my oogappel. Vir hom sal ek berge wegskuif”

Frieda gaan loer by die kantoor in waar die twee seuns sommer so op die lessenaar sit en eet. Heel tevrede met hulsels.  Dries vee die olie sommer so aan sy wit rugbybroek af.

Frieda sien dit, glimlag en dink in haar binneste “Die Kind van my kan met moord wegkom. My hart-se-punt”

“Het julle kinders nou sowaar die hele pak tjips opgeeët?”

“Ja, Ma, ons is honger”

“Dis ok. Lukas, gaan koop vir ons nog ‘n Gatsby by ou Joons vir vanaand, seblief tog en ‘n liter groen kloeldrank vir Driesie.”

“Dankie vir die tjips ma. Ma is die beste ma in die wêreld. Ons moet nou gaan. Ek check ma later by die huis.”

Driesie druk ‘n vinnige soen op sy ma se wang. Die Hardeware winkel is stil.  Lukas is op tee. Frieda sit die draadloos aan en luister die middag storie.

Toe daardie horlosie vyf uur slaan, sluit Frieda die deure.  Nie ‘n minuut later nie.  Mense moet hulle tyd ken.

Toe sy by die huis kom, soos die haar gewoonte nou maar is, druk sy die kar se hooter om vir Dries te sê: “Sit solank die ketel aan vir koffie”

Frieda stap die huis binne en die ketel is yskoud. Sy wil haar eers vererg, maar los toe maar.  Dalk is die kind besig met huiswerk. Dit is darm amper eksamen tyd. Snaaks, Dries se kamerdeur is toe en daar blêr nie eens musiek nie.

“Dankie tog, miracles gebeur nog.  Lekker om by ‘n stil huis aan te kom.  Maar ek moet ook met eerlikeid sê dit maak my hart sag as ek by die huis kom en die kind maak lawaai.  Dit beteken dat hy  pure seun is en nie dooilik nie” Dink sy.

“Dries, kom maak vir my koffie. Ma se voete klop soos ‘n los dankplaat in die wind, van die pyn”

“Dries!”

Sy gaan staan voor Dries se kamer, lees ‘n sticker wat sê “Enter on own risk”, sy glimlag en klop aan die deur.

Niks

As hierdie kind vandag weer saam met Johan in die strate lê is daar groot moeilikheid.

Sy maak die deur oop.  En wat sy daar sien het haar lewe vir altyd verander.

“Dries! My kind. Dries wat gaan aan? Kan jy my hoor? Dries, wat de hel het jy gedoen? Waar is jou pa?”

Frieda val op haar kniee langs Dries waar hy op die grond lê. Niks aan hom is meer lewend. Reeds koud.

Frieda gryp na woorde, gryp na trane, gryp na iets…maar daar is net niks. Sy kyk rond vir ‘n laaste nota of briefie.

Langs Dries lê die leë bottel antifreeze en langs die bottel lê die tilslippe.

Sy tel dit op en lees. DIE HOEK HARDEWARE, die telefoon nr van die plek, datum, tyd, 1 liter antifreeze, R90.00, R10 kleingeld KASSIER: Frieda…dis al.

“MY kind…Hoekom?

Sy vee oor Dries se erg verbrand mond met haar handpalm en voel nog hoe die laaste antifreeze aan haar vel byt. Dis verby…

 

 

Van die veertjie in jou hoed

Tot by sool van jou voet.

So baie het ek jou lief, my Kind,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: