2019/08/21
VIR ONSE ORANJE-BLANJE-BLOU
“nooit hoef jou kinders wat trou is te vra wat beteken jou vlag dan, Suid-Afrika”
CJ LANGENHOVEN
Trap nou versigtig tussen die Pietersielie
sodat jy haar nie geheel doodtrap nie.
sy is broos en sag maar in haar fyngeid is lewe
wat lank se groei en leef baie goed ken.
Laat los jou kaait nou die blou lug in, ja
soos ek al voorheen voorspel het, haar
vlegsel is nou maar kort en die kaait
trek deur die lug met kleur, so lag-lag.
Sy al saggies op die oranje-horison loop lê,
en haarself met klappermelk en heuning balsem,
want daai is mos medisyne vir troos.
“God, bewaar my bloue-hemel en kaait,
God, bewaar my oranje horison
God, vat my voeteval deur pietersielie
en maak klossies blommetjies vir die graf”
Leave a Reply