NOT FOR SALE.
(vir almal wat uit geskeide huise kom)
Dis bitter koud die tyd van die jaar
die restaurant is gesellig en besig.
By ‘n ronde tafeltjie sit ‘n man en vrou
sy hou die deur dop, hy hou haar dop
hulle kyk vir mekaar en hy knipoog,
sy kyk af en glimlag sag.
‘n Man met ‘n mooi jas en blou
rugsakkie op sy rug stap met stadige tree
in sy arms ‘n seuntjie van min of meer een.
Die vrou staan op, groet styf en vat die kind
Die ander man steek hand uit om arig
te groet.
“Was ma se kind soet?” vra sy
“Hy is altyd soet” sê die man en trek sy jas uit.
“Is dit al sy goed?” vra die vrou
“Ja”
“Ons sal moet gaan” sê die knipoog-man
“Gaan ons nie eers saam koffie drink?” vra die Jas-man
“Nee, ons het nog baie om te doen.” Sê die ma en
druk die seuntjie in haar sy vas.
“Kry jy maar iets om te drink en hou die kleingeld” sê die knipoog-ma
En sit R200 op die tafel neer met geen gevoel.
Die man en vrou stap by die restaurant uit en die
Seuntjie kyk oor sy ma se skouer, lig sy handjie op
Om te waai en sê “Tatta Pappa”
“Tatta Seun” sê dis jas man, staan op en vergeet van die geld.
Leave a Reply