“kindjie, weet jy hoe dit voel om na ‘n groen grasperk te kyk wat besproei word en jy is dors?”
“nee Tannie” sê ek
“Kindjie, weet jy hoe dit voel om wind-op te piepie?”
“Nee, Tannie”
“Kindjie, weet jy hoe dit voel om ‘n draairoomys in ‘n dwarrelwind te eet?”
“Nee Tannie”
“Wel, ek ook nie, my kind” sê Tannie Hessie met ‘n smile
“Kindjie, weet jy hoe dit voel om by ‘n oop graf te staan en ‘n geliefde sak weg, en nadat jy jou leeg gehuil het, besef jy dat jy op verkeerde begrafnis is….die eintlike graf was in Vredendal en ek staan en huil in Vredenburg?”
Ek kyk teen die muur en daar hang ‘n pragtige prentjie van ‘n pragtige man met ‘n uniform aan. Lyk soos ‘n generaal.
“Hy moes seker iemand gewees het?’ vra ek
“Kry nog ‘n Hertzoggie, kind, laat ons eet.”
Jy kry dit reg om met die minimumwoorde ‘n leeftyd se storie neer te pen…
LikeLike