AFRIKAANS
My lyf is ‘n protesnota
as hulle Tafelberg sou wegkap, sal ek Tafelberg word
as hulle Paul Kruger in Kerkplein sou fynkap, sal ek Paul Kruger word
as hulle die wynplaas sou afbrand, sal ek die wingerd word
as hulle die boer sou ophang en verwurg, sal ek die boer word.
wanneer hulle die moeder voor haar kinders vermink, sal ek die moeder word.
as hulle Afrikaans sou afkap, sal ek Afrikaans word.
hulle verwurg my geskiedenis, ek sal die asem wees
hulle maai die Knysna woud af – ek is Oupoot
maar
dis ‘n kattekoor, wanklank en lawaai
‘die paddas is die tortelduiwe van die modder’
Leave a Reply