FLUISTER LIEFDE
die vlam knaag en kou aan die kerswas
en net na middernag luister die twee mense
na die naggeluide en fluister liefde vir mekaar.
Tien oor twaalf (dis nou twaalf middernag) skuif
hy klein bietjie nader aan hom, vou sy gesig in sy hande toe
en soen hom tot net na kwart oor twaalf.
Hier by half een (dis nou die nag se half een) kyk hy na die
kers en die kers blaas sy laaste asem uit. Hy fluister saggies:
“Vry is die enigste ding wat jou kan laat lekker kry sonder om te lag”
Leave a Reply