LAATNAG-UUR
die kaggel-uur sluip stadig nader
en in die verte hoor ek die klik-klak-gallop
van ‘n trein – soos ‘n trop wilde perde-
die gallop van ‘n goedere trein is anders
as die van ‘n passasiers trein
want die goedere trein is vol dinge
en die passasiers-trein is vol siele
waarheen is al hierdie siele tog oppad?
waarheen is al hierdie dinge tog oppad?
dit is die perd se geheim.
Leave a Reply