TE LAAT
Stanley cierenberg
Wag net totdat die maan uitkom
en die son se strale almal loskom.
Wag net totdat die tolbos om sy
eie arms draai en omtol, omtol, omtol
wag nou totdat die wind opkom
en my gedagtes en pyn wegsmelt
soos die Bontrokkie na my kom
en pik pik al-om my skadusoom
Ek slaan nog ‘n bolmakiesie met my gedagtes
Jy maak nog ‘n wawiel met jou lag
Ek speel nog ‘n wegkruipertjie met jou
Jy knoop nog ‘n huis, paleis aan my vas
Maar nou is dit gans te laat
want onder in die straat
het jou asem my verlaat,
dis te laat, heeltemal te laat.
Leave a Reply