die dorings in my gedagtes
is n boom wat verkeerdom groei
die gate in my dink
is die aarde wat verkeerdom draai
(ek is nie seker wat ek dink nie
ek glo nie in wat ek voel nie)
die klank van my lag
is die haan wat soggens kraai
die geluid van my huil
is die wêreld wat weer omdraai
die lag in jou keel
is my kers se blaker
die praat in jou stem
is die vlam van my kers
(ek is nie seker wat ek dink nie
ek glo nie in wat ek voel nie)
Leave a Reply