BANG

BANG

Dis nou laatnag-donkernag,

in elke hoek van my kamer

kruip daar ’n monster weg

wat blinkoog vir my lê en loer.

Die blou donker nag

lê skelm om elke hoek

vir my en lag.

More kom die son weer op

maar vir nou hang die

maan deur my venster-ruit

en gooi sy blink-bangmaak

by sy sekelmaag uit.

Ek is bang vir die blou nag

ek is bang vir die monster

wat in die hoek vir my lag.

Die bang het stil in my geword

terwyl die maan aan die

blou-donker-nag hang,

om my bang te maak,

om die monster los te maak.

In die hoek van die

nag lê jy en wag.

Wag vir my voetstap,

Wag vir my wegstap,

Wag vir my neerlê,

langs jou,

warm in jou holtes

totdat die blou-nag

verdwyn en die

more-dag ons

blink oog groet.

Goeie more

Goeie dag

Die monster in die

hoek is nou ’n nuwe dag.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Start a Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: