EK VRA
EK VRA
ek was ’n kind bang en alleen-wild
ek was ’n slang, vir niks nie bang
jy het saam met my gedans
jy het my hand gevat en gewals.
ek verlang, maar dis te laat
en kan jou niks meer wys nie
Die dinge wat ek van jou geleer het
die lappe wat jy aanmekaar gestik het
om my leef heel te maak,
om my siel op die wind te laat ry
ek verlang, maar dis te laat
ek kan jou niks meer wys nie
Niemand het ’n antwoord nie
en dalk ontmoet ons eendag weer
as jy saam met my wals
op ’n spierwit wolk verby die maan
Ek vra nou
HOEKOM
Ek vra jou
HOEKOM
gee net antwoord
ek verlang, maar dis te laat
en kan jou niks meer wys nie
Saam het ons gelag vir
hom en haar en sy en hy
en hulle en almal saam
en ek en jy – jy en ek
maar die lewe het jou weggevat
verby die son, maan en sterre
tot anderkant wie weet waar
op daai spierwit wolk, verby die maan
Ek vra nou
HOEKOM
Ek vra jou
HOEKOM
?
?
Leave a Reply