VANDAG
EPIGRAM vers 23
toe ek ‘n kind was – het ek ‘n boom geplant
hom water gegee, gestreel, gesoen en vir hom gebid
20 JAAR LATER
iemand het my boom uitgekap
en hy lê op sy sy in die grond –
verniel, seer, weg, langs ‘n hopie hondestront.
“Niks bloei soos ‘n afgekapte boom nie.
Leave a Reply