ALTYD OPSOEK
Langs ‘n fontein in die woud
het jy op jou knieë gegaan
en jou lippe getuit, soos ‘n
oopgeskeurde wond.
En met sagte, lammertjie geluide
die soet water opgeslurp.
Jy het opgestaan
Jou mond met die agterkant
van jou hand afgevee –
en verder gesoek
Leave a Reply