‘n GEDIG SONNER NAAM

‘n GEDIG SONNER NAAM

 

“uitgespaar deur die genade van Bo”

antwoord ek toe sy verneem hoe dit gaan.

“Wat mooi is” sê sy en smaail.

“Die mis trek dig oor die baai” sê sy

en mik slaphand seekant toe.

“gaan weg, mis” skreeu ek

“Nee, man moenie soor oor die vlak gaai”

“die mis maak my bang”

“Jaag die bang weg”

Ek vra ‘n koppie tee, uit haar hand uit.

Sy gee dit vir my uit haar hart uit.

“Die Roltoes het in die stofpad gevloek” sê ek

“Daai is slegte nuus, maar die Jirre Jesus sal

ons deurdra.”

“Hoor jy, Roltoes, die Jirre Jesus sal ons deurdra!” skreeu ek

“Kijd, viwat gaai jy so? Mens gaai nie vir Roltoes nie”

“Ek verwiller hom”

Ek staan in die deurkosyn en stut my skouer teen die plank.

“Viwat staat jy soos ‘n Kommagas-donkie en gluur vir die see”

“Die see is ‘n lyf vol sout, ma”

“Kom kry jou brou” sê sy

Ek gaan sit langs die eenvoudige tafel in die kombuis.

Dit ruik na rooibos tee en vicks….

En nog iets…nog iets…

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Start a Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: