KOEBAAI

slap lê ek op my rug

in die sement-plaasdam

dryf slap en staar

na die spierwit

wolke wat soos

marshmellows in die lug hang

die windpomp gooi

die boorgat water lui-gat

by die dam in en die

ritme kerf stukkies

lekkerkry uit my lyf uit

tot wanneer ek stadig

oplig tot bo in die hemel

en die wit marshmellow

wolke soen.

ons moet weer kind word

en speel totdat die son opkom

totdat die stof vuur-rooi-warn

op die horison gaan lê

met sonsak,

\ons moet weer speel.

uitgesrek lê ek op die

bont-kleur ronde skoppelmaai

in die parkie op die hoek

van kerk- en spanspek

straat.

om en om tol ek en

staar na die wolke

wat slap oor die hemel

hang en saggies lig

ek my kop om een te soen

totdat die reëndruppels

plasse op my

lyf maak totdat

die son more weer

gaan skyn

ek lag my stem hees

toe ’n naaldekoker

blinkvlerk op my maag

met sy vlerkies balanseer

en skielik wegfladder

toe ek beweeg

om nog ’n stukkie

wolk te soen.

koebaai son

koebaai dam

koebaai skoppelmaai

koebaai

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: