‘N DONKER NAG GEBED

’N DONKER-NAG-GEBED

daar is ’n klop aan my deur,
daar is skape-tel in my bed,
daar is skepe in my wakker-lê
daar is trane in my gebed

daar is kleur in my wange
daar is donder in my weer
en weer en weer en weer
daar is bloed in my hande

daar is krale om haar nek
krale om haar enkels en
krale om haar hande
kleurkrale in haar drome

daar is nie in haar niks
daar is niks in haar niks
Goed kom uit niks en
niks kom uit goed, niks

goed en kwaad stap saam
in ’n voetpad tot binne in
jou hart waar swepe en
rottangs my stukkend slaan

daar is sout in haar are
daar is haat in my bloed
daar is liefde in haar hande
wanneer die storms woed

nou bly daar ’n man op die
maan, ’n muis in die gang,
’n doring in die vlees, ‘n
kruppel in ou man se stap

‘tok-tokkie-tok-tokkie
maak oop die deur
jou mamma en pappa
wag voor die deur”

tok-tokkie-tok-tokkie
sluit toe jou deur
om die wind en woorde
van hulle wat skreeu…

buite te hou
buite te hou
buite te hou
buite te hou.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Start a Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: