Dit is Namakwaland, of is dit Namaqualand?
Maak nie juis saak nie, want dis blommetyd
en die Heelal (of is dit God) het sy (of haar)
mandjie blommesaad oor die aarde uitgestrooi.
Bokbaai-vygie, botterblom en katsert –
En Daizy, of is dit Daisy, dalk Dysie,
….oranje, wit en oker….
Gansbos en knoppiesbos –
Ons Almal onder die son
Maak die mooiste blom –
tuin….
Sneeuwit fynbeblaarde blommetjies
(of is dit spierwit fynbeblaarde blommetjies)
Dit maak nogsteeds nie saak nie…
Want Heelal, of God het die
Saadmandjie oor die dorre aarde
gestrooi, om mooi te maak.
(‘n gedig vir Jane)
Jane Fey
Leave a Reply