BRIEWE EN BEWYSE

“Dit het alles in die koolpapier gebeur!” skreeu Tannie Hessie deur die spaarkamer se venster.

“Dit is ook die aftryspapier se skuld!” skreeu sy weer.

Tannie Hessie woon in Tweeling, Tiemiestraat 10 en ek woon in Tiemiestraat 12.

Tannie Hessie Benson bly alleen, haar man so 3 jaar terug dood. Maar hierdie storie gaan nie oor haar man nie, dit gaan oor daai bleddie papier.

 

‘n Kruppel man stap op die sypaadjie verby, kyk na haar en skud sy kop.

‘n Vrou stoot ‘n baba in ‘n stootwaentjie, trek die lappieskombers oor die kind se kop, en stap verder.

Die gemeenskap is maar versigtig vir Tannie Hessie, reeds omdat sy ‘n ding reguit sê en ‘n ding vat soos hy is.

 

“Julle hou julle blind vir die waarheid!” skreeu Tannie Hessie Benson weer en druk haar bril met die middelvinger op.

 

“Julle maak soos almal maak.  Julle staan almal skuldig. En moenie vir my vra voor wie julle skuldig staan nie, want die antwoord ken julle. Ieder elk van julle!” en dis toe dat ek besluit om te gaan hoor wat aangaan.

 

Ek grou in my kas, kry my sandale en stap oor na Tannie Hessie Benson toe.

 

“Ek is buite myself van woede, Kind.  Kyk hoe lyk almal. Kyk hoe lyk die wêreld.  Dis alles daardie Koolpapier en aftryspapier se skuld. Dan praat ek nie eens van daardie masjiene wat fotostate kan maak nie. Dis alles net ‘n blufspel, skelmstreke, sê ek julle.

. Dis in daardie papiere en masjien se maag waar almal se kreatiwieit verdwyn het.  Hulle het dit ingesluk en nog nooit verteer nie. Net soos die kalkoene en hoenders hier agter in my jaart.”

 

“Kan ek vir Tannie tee maak?  Tannie lyk bleek”

“Kind, los die ketel. Ek het vandag skilpadkoors.  Jy moet help dat ons hierdie kas en laaie verbrand. Die inhoud ook…alles” en toe ek sien, haal sy ‘n laai vol briewe uit. Baie ou briewe in koeverte met posseëls daarop. ‘n “Vir” andres voor en ‘n “Van” adres agterop.

 

Ek begin lees en sien dat dit haar en Oom Charles se liefdesbriewe is.

“Dis mooi, Tannie” en ek wil tjank van al die mooi woorde en gekleurde papier.

Toe ek by die derde brief se lees kom is dit snot en trane.

 

Dis toe sy die volgende laai uittrek dat ek die groot ramp sien.

 

Al haar mooi, privaat, diepe liefdesbriewe is alles oorgetik en in ‘n boek gedruk en gebind en gepubliseer.

 

“Ek is jammer, Tannie.” sê ek opreg en vat haar hand.

 

Sy kyk vir oulaas na die briewe, boeke en koeverte.  Sy streel daaroor, gaan sit op ‘n rystoel en gooi haar kop agteroor.

 

“Smily, Kind, so is dit.  Mense grou altyd iewers in ‘n ander mens se siel, met die hoop om iets te sien, raak te lees, te onttdek maar kry nooit daardie werklike waarheid nie. Dan publiseer hulle alles en hoop iemand anders kry die antwoord, maar Kind, daardie antwoord bly net in jouself weggebêre.” en sy glimlag

 

“Kom, bring daardie blou briefie, dan lees jy dit vir my en ek vertel jou die waarheid….en dan vergeet ons van die ‘stories’ in die gedrukte boeke…ons praat die taal wat in my handskrif geskryf is.”

 

Tannie Hessie lees die brief stadig, in haar woorde, haar handskrif en haar hart, vir my, nie soos dit iewers in ‘n boek verander en gedruk is nie.

 

“Dankie, Tannie, Ek waardeer dit en sal dit bewaar.”\

“Ek weet, Kind, ek weet” en daar begin ons lees en waarheid stories vertel.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: