MY NAAM IS KLIPPIE

MY NAAM IS KLIPPIE

Jy het my versigtig opgetel,

vanuit die stof van ‘n sandvoetpad

my in jou handpalm vasgehou en

afgestof, my vir jou gevat.

Jy het my tussen jou vingers gerol

tussen jou hande, om en om

en versigtig in jou broeksak gedruk

Later het jy my kaal lyf in

sagte gebreide leer toegedraai

sodat die ‘veilig’ in my hart kom lê

jy het met jou lippe en growwe stem

saggies vir my gefluister en ek

het lief geword vir jou.

Jou een oog toe, en die ander

oog kyk vir my wat praat sonder woorde.

Toe lag jy, klap jou hande teen mekaar

en langs my lê ‘n dooie swaeltjie.

Die swaeltjie se gees sê toe vir my:

“Sy naam is Kettie. Ek en jy is saam dood, kom ons vlug”

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: