AANDETE

AANDETE
“kom ons vra die seën”

Die stroompie vloei oor die dorre aarde
onder die boom, verby die ganshok
links van die hoender-stillasies.
Die stroompie maak sy merk in
die dorre-droë Kalaharie-Karoo.
Voete dans en trap links dan regs –
Heen en weer.
Duskant en Daaikant
Weerlig maak ‘n snygeluid
oor die vlakte en mense roep
van vreugde en waansin
Die stroompie word dikker en voller
Die ganse blaas en hoenders bondel
Sommige buig vooroor en een kyk
op na die oop hemel, stukkies volke
deur die groen blare van die boom.
Ek val op my knieë en my hart bloei.
Aandete is ‘n skaaptjoppie oppie kole,
En die stukkie vleis word dik in my keel,
want vanoggend het die skaap nog
half lewend, half dood onder die boom
gebloei en die bloedstroom oor
die Kalahari-Karoo gevloei.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Start a Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: