‘N MA
Ek en my Jan het lelik woorde gehad.
‘n ma se hart is mos net ook ‘n ma se hart,
Verstaan?
‘n ma sien dinge in haar kind voordat
die kind dit self nog kan raaksien
en daai is ‘n wonderlike ding wat
die Jirre vir ‘n moeder gegee het.
Die woorde tussen my en Jan het
lat die trane in my oë kom lê,
maar vandag gaan ek my sê sê.
Ek stap om my huis na waar Jan
agter in my jaart in sy stillasie bly.
‘n ding moet gepraat word en klaar
en daai is ‘n ding wat my ma my geleer
het en my ma se ma en ook haar ma.
Die wind waai uit die wil uit, hier op
die weskus, maar die wind gaan my nie binne
hou nie. ek gaan waai soos die wind.
“Nou kyk Jan, laat ek praat en klaar praat,
en ek praat as jou ma vandag. Mens kry twee
soorte ma’s. Jou grootmaak ma en jou baar-ma.
Ek het jou dalk nie groot gemaak nie, maar
ek het vir jou gebaar en die bloed is daar.
Ek voel jou voel.
Ek sien jou kyk.
Ek voel jou bloed.
Toe trek ek die knoop-trui
stywer om my lyf en stap
die wind in. (geinspireer deur Ousus Adams in Hondeklipbaai)
Leave a Reply