Soos jy by Hartswater inry sien jy aan jou linkerkant ‘n groot rooidakhuis. Dis waar ou Miesies Smallpenny bly. Miesies Smallpenny is oorspronklik van Engeland af, maar bly al vir jare in Hartswater en sy praat afrikaans met ‘n moeilike aksent. Mens moet mooi luister wanneer sy praat en haar lippe fyn dophou, anders gaan jy so verlore raak dat geen mens jou ooit weer gaan kry nie.
Miesies Smalltpenny het die mooiste stem wat nog op aarde was. Wanneer sy met mense op die telefoon praat, eet hulle uit haar hande uit. Sy kon telesales doen soos geen ander vrou nie.
“Soet soos heuning”
“Strelend soos lentereë”
“Pragtag soos ‘n liefdesverhaal” is van die komplimente wat sy kry.
Die probleem kom in wanneer mens die vrou agter daardie Soet, Strelende, pragtage stem sien.
Sy is ongelooflik lelik.
Sy is vet
Miesies Smallpenny het neushare wat slap uit haar neusgate hang
Miesies Smallpenny het skurwe hakke en sweterige armsholtes. Dis ‘n treurige gesig.
Saans, as dit donker word, sal Miesies Smallpenny buite in haar tuin stap en dan gesels sy maar so met al wat plant, struik en boom is. Die bure sit op hulle stoepe om die soet stem te hoor, solank hulle haar net nie hoef te sien nie.
sy was verwerp
Sy was alleen
Sy het agter toe deure gesit en gewag om te vergaan.
“Here, vat my maar. Ek wil ‘n engel word. Ten minste gaan mense my hoor en nie sien nie” het sy gebid.
“Nee” het die gesiggies in die tuin gepraat.
“Hou moed” het die akkerboom gesê
“Ons sal jou help” praat die kannas soos ‘n spreekkoor.
Op ‘n dag beland Miesies Smallpenny agter ‘n houtmuur. sy wou so graag die buurman ontmoet en so steek sy haar hande in twee opgemaakte pop-kouse en praat oor die muur
“Goeie dag”
“Hallo” sê die buurman\
“Kan ek vir koffie kom?” vra die pop
Daardie dag het ‘n nuwe maan vir Miesies Smallpenny opgekom
“n nuwe ster het begin skitter, want voor sy haar kon kry doen sy ‘n poppekas in die biblioteek.
Dit het net eers Maandae oggende begin, maar sy was so gewild dat sy elke dag haar poppespel gaan doen het.
“Ja, so het ons elke een ‘n plekkie in die son” sê die Kannas een laatmiddag vir haar
“Ja….so het ons elke een maar iets….net ‘n klein ietsie wat mooi is”
Leave a Reply