DIE KERK SE ARGITEK
Die kerk se hoekstene en trappies
perfek en netjies, selfs die vensterbanke
presies afgemeet en uitgemessel,
streng volgens die plan opgestel
die Meneer Franke.
Die argitek se metings en presies,
net sy hy homself
Die kerk se toring, trots en regop,
te siene van ver buite die dorp.
Kerkgangers, dominees, diakens en ouderlinge
stap tevrede om die gebou,
dank die Here God daar bo vir die
aanbiddingsplek, plek van Heiligheid.
Dominee Marais bestyg sy preekstoel,
Sondag na Sondag, kniel by die tweede trappie
dan vat hy die res met trots.
Die gemeeente staan soos een man op,
Tannies met slap hoede, ooms in stywe pakke
en Moeders wat kinders vashou in die Moederskamer,
(om nie die res van die gemeente te steur nie)
‘n Plek waar elke verlore siel sy rus vind,
‘n plek waar man en vrou ewig trou
aan mekaar beloof en dooies tot ruste gebring word.
Dominee Marais dank Die Here in elke diens vir
sy gebou so mooi en veilig, behoudend, konserwatief
en ortodoks.
Die kerk se argitek woon twee huise aan,
saam met sy lewensmaat.
“Die argitek is ‘n moffie” fluister ‘n mond
agter ‘n baard.
“Nooit” snik ‘n mond onder ‘n slap hoed
Nou wat nou?
Leave a Reply