OM OUD TE WORD

OM OUD TE WORD

 

Die plooie op my voorkop

is die padkaart na al die onthou

die plooie langs my oë,

lê soos riviere van glo

die plooie op my gesig

is bewyse van leef en laat leef

Die bruin vlekke op my hande

is die woordeboek van my reise,

die skurf tussen my vingernaels

is die pad na my gedigte en stories.

Dis myne.

Dis my pad.

Dis my storie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Start a Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: