VIR MIMI COERTSE

’N GEDIG VAN RESPEK

deur jou kombuis vensters sien
ek grys duiwe pik aan saadjies.

hier en daar loer ’n duif in
my rigting, dan weer verder pik.

selfs ’n geelvind en ’n mossie
kom maak ’n draai in jou tuin.

deur jou kombuisvenster sien
ek die wolke soos malvalakkers

wat aan die blou lug vasgemaak is
en ek weet hulle bring suiwer reën.

in jou kombuis sit jy beeldskoon,
soos die geelhoutboom in Kringe

In ’n Bos, die bosloerie en die
bosbokkie wat in fynbos lê.

meteens word ek die grysduif
in jou tuin en die wolk in die lug

dan voel ek jou woorde oor my
spoel soos suiwer reën

jou kyk soos die bosloerie
en jou hande sag in myne net

soos die bosbokkie in die
fynbos en ek buig voor jou.

“Mens propvol Mens” is jy.
en ek hoor jou stem in my siel

wat sê:

“Ons Vader wat woon in die Hemel”

en vir jou pluk ek ’n ster en vryf
hom blink, want jy is baie mooi.

(Vir DIVA Coertse)

2 thoughts on “VIR MIMI COERTSE

Add yours

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Start a Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: