ek sien jou stem
ek hoor jou stem
in ’n vlam praat jy
’n taal wat net ek
hoor en verstaan
jy spoeg antwoorde
in die vlam van
vrae en waarheid
rykdom in ’n man se hand
sny ’n gat in sy hart
met ’n swaard van selfsug
wees ryk in jou hart
en praat soos sagte reën
sodat jy die blinde se
hand kan vat en seën
Son is die lig van die wêreld
Vlam die klank van jou stem
die sneeuval jou rykdom
en toe kry ek rykdom…
(vir Vanessa)
Leave a Reply