REDDING
Kyk hoe staan hulle in ‘n ry
pure uitgessmeer met mooi rokkies
en hipolfise.
Sommige nog reguit nek
en trotse rug
netjies in rokkies en sokkies
kyk hoe glimlag hulle as ek verby slenter
‘vat my tog’ soebat die een.
‘ek is die een vir jou’ vra ‘n ander
My rokkie is songebleik.
Myne is vaal, maar ek soebat jou
om my ook te kom haal.
Ek slenter verder.
“ons is maar rondlopend” praat ‘n groepie
“Hulle sê ons is ‘n niksnuts.”
Ek flankeer met ‘n ander, dan
nog een hier en daar wat saam
koketeer.
“Ons armoede is so seer” soebat een.
Ek vat een vir my, dan nog een.
Ek hou ‘n special een onder my arm
en ‘n mooi een tussen my vingers.
“Julle sal nooit weer op die rak sit nie.” sê ek
en stap met ‘n sak vol boeke by die
biblioteek se deure uit,
fluit-fluit.
“‘ ‘n Gedig vir al die boeke in die biblioteer wat na ‘n ruk versnipper en verbrand word. Dis hartseer”
Leave a Reply