Lankal se vergeet word vandag se onthou
Ek dink soms aan jou sonder om te dink ek gaan gou vergeet
Ek sien spoke in die wolke
Ek hoor drake in die reën
Ek kruip weg vir alles wat beweeg
Die gedrukte-koerant-letters swem voor my
Ek dink aan die gisters en onthou vandag
Sal jy my nog onthou en
sal jy my nog liefhe
Want gister se vergeet word weer vandag se onthou
Die laaste roep van gister word
vandag se opstaan kreet
Om weer op te staan
Om weer op te kyk
Om weer asem te kry
Dis my wens vir my
Leave a Reply