MY MA HET MY KOM HAAL
My trane was eens diamante wat later
ys blokkies geword het, te koud vir die
woestyn en te warm vir my hart om
die vaal-bruin sand saam te vat wat
aan elke mensgemaakte voet vassit
My skedel nou ‘n donker kegel-bal
in die palm van die wind se hand wat
stukkies sandkorrels, net soos die kegelbal,
teen my ribbekas, been en splinter val.
Ek sper my geraamtes af teen die
diewe wat my trane en yskorrels wil steel
die wind bring ou verlang terug en
korrel die dink in my deure, vensters
en geraamtes vas. my vensters is nou
splintergeraamtes wat soos ‘n ribbekas
in die son lê en wag, vir more en oor-more
Ek is die wind wat nie meer blaas nie,
ek is die ys wat nie meer blink nie
ek is die geraamtes van ou onthou,
my naam lê op ‘n geroesde, windverwaaide
naambord teen ‘n stofpad, soos ‘n ou
koevert in ‘n houtlaai wat eens mooi was.
Moeder het my kom terugvat wat julle van
my kom steel het, stukkie vir stukkie.
My naam maak nog al die tyd saak.
My Naam is Kolmanskop
My moeder se naam is Natuur.
Sjoe! Dis asmrowend!
LikeLike
Dankie
LikeLike