Ek vou jou kragtige hande in myne toe
Ons vingers paar saggies met mekaar
My palms rus sag op die afkyk van jou hande
Jou duime volg myne na middel c.
Ek help jou vingers om nie te verdwaal
tussen swart en wit
Sodat jy vir my ‘n blinde klavierliedjie kan speel
en ek vir jou ‘n liefdeslied kan sing
Leave a Reply