LENTEDAG

dis ‘n lente dag. gister se wind het al die stof van die winter weggewaai. Alles om my is helder mooi. die vrugte bome in die tuine begin bloeisels uitstoot. Perske, Peer en appelkoos bome staan pienk en spierwit oral om…dis mooi. iewers op ‘n horison kruip ‘n grys-donker donderwolk nader. “Dis die lente-reën” dink ek. Die grys donker donder wolk het stadig en boos nader gekruip totdat dit bokant die mooiste, witste bloeisels boom gaan nesskop het. En daar, sowaar, net daar skiet die wolk sy spierwit haelkorrels af en slaan die boom morsdood. Oral om die boom lê sy bloeisels, spierwit, nes ‘n vere-kombers. Die boom staan kaal…ek stap nader, tel ‘n bloeiseltjie op en probeer die aan die boom vasmaak, ek probeer hom selfs plak, maar dit werk nie. Die soetste vrugte het nou ‘n ander pad gekies, die donderwolk het weggesweef, die ander horison in en ek staan op ‘n verekombers van bloeisels…..net so.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: