Vandag dink ek aan jou.
so broos-sterk
so mooi
wat my optel en dra
as ek val
saggies neerlê
en fluister
“alles is ok”
soos die Jesuskroon,
soos blommetjies,
in rooi en pienk klossies
al is dit hoe droog
my Jesuskroon
hou my vas tussen
jou rooi klossies
vou my toe as ek neerval
soet my met jou
heuningsoet
lê my saggies in ‘n wolbondel
neer en vou
my toe.
Leave a Reply