ek hang nie meer soos ‘n vrot vrug, of peer
ek is nie meer duister
maar my siel wil leer
langs die stroom het ek gekniel
met toe oë en stukkende siel
op die klam gras het ek gesit
en voel verniel
Sal U, O God my hoor smeek?
Sal U, O God my praat hoor?
Sal U, O God my kerm hoor?
Sal U, o God my wond weer smeer?
langer kan ek nie soebat
meer kan ek nie hoop
my soebat is soet soos stroop
my knaas is seer soos bloed
Ek streel die stam van ‘n ou boom
Ek vra en smeek na Jesus se kleed-se-soom
net om aan te raak
Ek vertrou nie my eie stem….nie meer
maar ek glo my trane
wat soos strome water oor my wange loop
My vra en soebat het ‘n voetpad geword
oop getrap-skoon getrap-wyd getrap
maar toe val ‘n nuwe bloeisel op my neer
en ek voel die seer nie meer…Gladnie
Leave a Reply