40 MINUTE IN DIE HEMEL

24 Julie 2018

Mauritius

Vandag

40 MINUTE IN DIE HEMEL

40 minute in die tronk.

 

Toe besluit ek tog om hemel toe te gaan

Ek het gevra om my anderkant die melkweg af te laai

Sodat ek tussen die waterdraer en ‘pisces’ kan wees

Die winde het my verby die Rooi Ster gedruk tot

verby die leeu en skerpioen…daar waar ek myself

sien staan.

Jy het voor my gestaan, in die vorm van ‘n luimerige klip

Ek het hom gevra om my nog dieper in te trek

totdat die stilte in my ore stil word.

Toe vra ek om my nog verder te vat.

Hoe dieper ek tussen die sterre inwaai

hoe helderder sien ek.

Ek sien my geliefde Kindjie-Klein weer na my kyk

Ek sien die bloedrooi ster wat sê: “Kyk klaar, jou tyd is min”

Elke ster kyk na my en elke een

lyk anders – totdat EK anders lyk.

Die hemel maak toe sy uitgesoekte hek oop.

Ek stap deur – tot die niks van die wêreld….

En toe groet ek die son…net so…dis al.

 

ELKE WOORD IN HIERDIE GEDIG HET ‘N BETEKENIS

EN ELKE SIN HET ‘N ANDER BETEKENIS AS WAT JY LEES.

TUSSEN DIE LYNE Lê ‘N BOODSKAP, SO GROOT.

Probeer hom soek…

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Start a Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: