TOEKA

Ek het vreeslik gesukkel om die woord “Toeka’ te verstaan. Dis toe dat ek die dag oorstap na Tannie Hessie Benson toe om te vra.

Op haar manier begin sy vertel.

“Kindjie, Toeka het ons nie hierdie sms goeters gehad om briewe te stuur nie. Ons het nog outydse liefdesbriewe geksryf.

Ons het dit gewoonlik saans geskryf, so by ‘n kerslig (toeka was daar nie elektrisiteit nie) en dan moes ons vir die oggend wag om poskantoor toe te gaan om ‘n 5sent seel toe koop om dit te pos. Dan, toeka se dae, het jou kêrel omtrent 4 dae gewag om die briefie te ontvang. Nou, stuur jy sommer met jou telefoon ‘n briefie wat dadelike, sommer met die stuur knoppie, jou kêrel (of vriendin) bereik.

Toeka wanneer ons see toe gegaan het vir die kersvakansie, was ‘n belewenis. Ons het sommer so 2 dae voor die tyd al begin ry. Dan het Moeder altyd die lekkerste piekniek mandjie gepak, met frikkidelle, hardgekookte eiers, klomp toebroodjies wat in sulke driehoekies gesny is en die fles met warm koffie. Dan het ons so langs die pad, onder ‘n groot Pepperboom gestop om te eet. Daar was gewoonlik ‘n sement tafel en stoeltjies en so het ons langs die pad gesit en padkos eet. Wanneer ander motors verby gery het, het hulle gewoonlik die toeter geblaas en ons almal het gewaai.\

Nou, vandag se dae, kan mens dit mos nie waag nie. Jy moet by ‘n restaurant stop wanneer daar brandstof ingegooi word en dan eet mens sommer so uit ‘n kombuis wat jy nie eens weet hoe dit daar binne lyk nie.

My mond hang behoorlik oop oor die “Toeka” woord en wat “Toeka” gebeur het.

Van “Toeka tot NOu” dink ek so by myslef.

“Kindjie..” vertel sy verder.

“Toeka, het ons bedags, so onder die bome, hop skotch gespeel en Ringe Rosies, Vroteier en Blik-a-spy. Dan het die buurvrou sommer by haar venster uitgeloer om te kyk hoekom ons so heerlik lag. Die ander dag toe sien ek jong kinders voor die televisie sit en speel met sulke vreemde goed in hulle hande. Ek hoor toe ‘n kind sê dis ‘n play station, ek ek verstaan niks daarvan nie.

“Play station, Tannie, is TV speletjies. Ons jaag mekaar en skiet mekaar op die tv. Dan kry ons punte” probeer ek verduidelik.

“Ja, Kindjie, dis Toeka tot Nou. Maar ken jy van ‘Hier kiep kiep, daar kiep kiep?’” vra Tant Hessie

“Nee,” sê ek met ‘n vrons

“Dit was ons ‘raai-raai’ speletjies. Raai Raai….wat is dit. Hier kiep kiep, daar kiep kiep, woerts in die hoekie?”

“Ek weet nie Tannie”

“Dis ‘n besem, Kindjie”

Ons lag toe saam, en ek sien ‘n bietjie Toeka tot Nou in haar ou oë blink.

Advertisements

2 thoughts on “TOEKA

Add yours

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: