DIE TAFEL

Vanoggend, vier uur, toe my telefoon lui, toe weet ek hier is moeilikheid.

“Kindjie, kom dadelik na my huis toe, my tafel het begin lewe” hoor ek ‘n benoude Tannie Hessie Benson op die ander kant

“Kom gou” skree Tannie Benson\

“Ek kan nie so gou kom nie”

“kom net” se sy en daar is ek 4 uur in die oggend oor die pad.

“My tafel het begin lewe. Ek knie nou al van 3 uur af aan die deeg. Toe ek afkyk, sien ek dat die tafel se pote begin skuim en bewe.” en sy het pyntrekkings op haar gesig.

“Kindjie, het ek al vir jou gese dis ‘n erfstuk tafel”?

“Ja, Tannie het”

“Kindjie, het ek al vir jou gese dat dit ‘n FAMILIE erfstuk is?”

“ja, Tannie het”

“nou maar kyk dan, die ding lewe. hy skuim en bewe. Wat gaan ek doen.? Die brood moet in die oond.”

“Haai Tannie, moenie bekommerd wees nie. Dinge is nie so erg nie. Daar is groter snaakse gebeure in die land. Kyk maar na die polisie stasie wat beroof is terwyl die manne slaap” troos ek

“Dit is, Kindjie, maar my FAMILIE tafel gaan wegloop”

“Hy sal nie, Tannie.” en toe ek weer sien, stap die tafel met deeg en al straat af.

“My tafel….” skree Tannie Hessie

“Toemaar, Tannie, dit laat my dink aan die Bybel storie van die vissies en brode. Daardie tafel gaan nou ander honger monde kos gee.” troos ek

“Dis ‘n goeie ding, Kindjie. Kan ek tee maak?” en sy draai om om die water op te sit.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: