VYFTIEN (XV)

DABOEKINSKRYWING:

Die koeverte het opgehou. Ek het nooit weer een gekry nie, of liewer, ek het vir lank nie een gekry nie.

Die monster se stem het stiller geword, maar nie minder nie.

In die oggendure, net voor sonop het Steven ‘n vraag vir my gevra.  Ek moes antwoord voordat die son heeltemal uit is.  En daar is nie baie tyd oor nie en baie om oor te dink.

 

DIE BEGIN.

Steven het by my kom kuier.

Hy het kos gemaak.  Ek het gekyk.  Hy het geeët, ek het gekyk, hy het die vurk met stukkies hoender daarop vir my gegee, ek het my mond oopgemaak, ek het gekou, sy oë sê:  “Take a deep breath and relax”

“Mag ek uitspoeg?” vra ek

Hy knik sy kop.

Ek spoeg.

Hy vat die servet en gaan gooi dit in die asdrom.

“Kom ons gaan stap” sê hy.

Ek knik my kop.  XXL Jeans. XL T shirt, XL check hemp.
Dis laatmiddag, en ons stap in stilte, wel….hy het in stilte gestap, die fokken monster het aanhou praat in my ore, my kop en my hart.

“Hoor jy soms monsters in jou kop praat” vra ek

“Nee, ek dink baie”

“Waaraan dink jy?” vra ek

Hy is stil.

“Kom ons sit op die bankie in die park.  Kyk die son deur die akkerbome se blare.  Kyk die voëltjies.  Luister na hulle.  Maak die monster se bek stil deur na die natuur te luister.  Fuck the monster” ek skrik.

Hy gaan sit op die houtbankie.

Ek staan langs hom.

“Wat’s fout?”

“Ek kan nie op harde stoele sit. My stuitjie en rug is seer”

“Ok, ek sal my sweetpakbaadjie vir jou neersit.  Sal dit help?”

“Dankie”

“luister” sê hy

Ek luister.

Die monster se stem is soos ‘n ‘white noice’ iewers.

Steven tel ‘n paar akkers op en gee dit vir my.

“Kyk daarna” sê sy oë.

“Voel aan dit”

Hy haal ‘n spieëltjie uit se sak.

Hy hou dit voor my gesig.

Ek maak my oë toe.

“Kyk” sê hy

Alles gebeur so in stappe.  So organized.

Toe ek in die spieëltjie kyk, sien ek my gesig, soos ‘n monster. My wange ingeduik. My hare droog, my vel dun, lyk of dit wil skeur en agter my maak die son ‘n gou kroon vir my deur die akkerbome.

Steven neem ‘n foto met sy telefoon.

Hy wys die foto vir my.  Ek kyk lank.

“Jy is mooi” sê hy.

“Kyk, jy het ‘n goue kroon op.  Die son het dit vir jou gegee. Die boom het dit op jou kroontjie kom neersit”

Toe word die monster se stem stil.

Stilte.

Stilte.

Stilte.

Stilte.

Ons stap terug na my huis toe.

Hy maak die deur vir my oop.  My huis lyk anders.

“Sal jy asseblief jou hemp uittrek?” vra hy.

Gewoonlik as iemand so iets vir my vra sal ek NEE sê.

“Ek sal die spieël toegooi” sê hy

“En die gordyn ook toemaak” so in dieselfde asem.

Dis ‘n special moment.

Hy gooi die spieël met ‘n lap toe.

Ek sê: “Moenie”

Hy trek die gordyn toe en die laaste stukkie son verdwyn agter die gordyn in.

“Moenie” sê ek

“Maak alles oop.  Maak oop. Laat hulle kyk. Laat hulle staar. Laat hulle skinder. Laat hulle…..” en ek ruk die lap van die spieël af en maak die gordyn oop.  Ek trek die XL hemp uit. Ek trek die XXL jean af en staan kaal.  Nie vir iemand nie, maar vir my kroon, vir my son.

“Ek gaan vir jou ‘n vraag vra, maar jy moet antwoord voordat die son weg is.  Hy is halfpad weg, jy het ‘n helfte oor om te besluit” sê Steven

“Vra” sê my oë.

“Is jy bang vir naalde?”

Ek is. Baie

“Ja” sê ek

“Hou jy van kuns?” vra hy

“Ja”

“Mag ek op jou skryf?” vra hy

Die son sak stukkie vir stukkie.

“Wat wil jy skryf?” vra ek

“Net wat jy wil”

“Jy kan” sê ek

“Jy mag nie bang wees vir naalde nie.  Want die naald is die instrument waarmee ek die monster se stem gaan stil maak”

“Hoe weet jy van die monster?” vra ek

“Antwoord, die son sak”

“Jy mag. Ek is bang vir naalde, maar jy mag die monster se stem stil maak.  JY MAG….JY MAG…..JY MAG……JY MOET….

En hy haal die naald uit.

Die son sak.

En in die laaste lig, neem hy weer ‘n foto van my waar ek kaal staan.  Hy wys die vir my.

“Die monster gaan vir altyd stil wees.” Sê hy.

“Ek is honger” sê ek

Hy haal ‘n stukkie vir die hoenderslaai uit die bak, sit dit op ‘n vurk, hou dit voor my mond.

Ek maak my mond oop….en toe gebeur alles…..

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Start a Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: