VEERTIEN (XIV)

Daar is niks met my keel verkeerd nie. Ek kan sluk, ek wil net nie.
DAGBOEKINSKRYWING
Ek wonder of Die Here God ’n engel op my pad kom sit het. Ek het al baie gevra vir ’n engel, maar ek dink Die Here God het nie gehoor nie. Ek dink dat ek soms te veel vra. Dalk gee Hy net vir my wat ek op daai tyd nodig het. Hulle sê mos Die Here God het Sy eie tyd.

Ek wonder hoekom Steven my nie ook hel te en terug oordeel nie?
Dis asof hy die Monster se stem stiller maak.
Daar is nog oorskiet hoenderlsaai in die yskas. Ek gaan kyk of ek dit kan eet.

Tot later…

MONSTER
Jy raak vet. Gister het jy twee slukke gevat van daai slaai. Hoekom luister jy vir die Steven ou. Hy wil net geld maak uit jou uit.

SHUT UP….
Ek stap yskas toe.
Ek loop met moeite. My rug is seer. My stuitjie is ’n wond. Ek het gisteraand weer klomp sit ups gedoen.
Ek staan in die kombuis en kyk na die asblik. Daar lê gisteraand se papiersak vol uitspoeg. Op die tafel ’n skoon bordjie (ek dink Steven het dit daar gesit) en ’n vurk.
Langs die vurk lê ’n skerp mes. Ek tel die mes op en sny aan my bo-arm. Dis seer.
Ek lewe nog.
“Lucky to be alive”
Teen die yskas is ’n foto van my waarna ek nie kan kyk nie. Of liewer, dis een van daardie fotos waarna jy nie wil kyk nie, maar jy kan nie wegkyk nie. ’n Foto wat ’n monster geneem het. Ek is net skeleton. Ek wil nie kyk nie, maar kan ook nie wegkyk nie.
“Is dit mooi vir jou?” vra die Monster.
“Nee”
“Wat gaan jy doen”
In Godsnaam, los my uit. Shut the fuck up. Ek is moeg. Ek haat jou stem. Al my klere is XXL of XL…dit hang soos lappe.

DAGBOEKINSKRYWING.
Vir die eerste keer in ’n lang tyd huil ek.
Ek maak die yskasdeur oop en gooi die slaai op die grond uit.
“Nothing compares to you” sing Sinead O’Connor
Klop aan my deur.
Maak oop.
Steven
…………
Is jy ok? vra sy oë
Nee, sê my oë.
Steven vat aan my skouer. Dis seer. Ek bewe.
“Hou my vas” sê my mond
“Ok” sê sy oë.
Ek sien die monster by die venster sit.

“Lafaard” skreeu die Monster
“Verloorder” skreeu hy weer.
“Warrior” sê Steven se oë.

“Kom, ek gaan wys jou iets” sê Steven se mond.

Hy stoot my saggies aan my rug. Ek kry seer.
“Jammer” sê sy mond.
Hy haal die lap wat ek oor die spieël gehang het af, en sê:
“Kyk, lyk nice ne”
En toe maak ek die veertiende koevert oop en in die veertiende koevert is die vyftiende koevert.
Steven se oë lag in myne.
Nou kan ons maar begin, sê hy.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Start a Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: