DERTIEN (XIII)

Verdrink in my water.

Was in my water.

Speel in my water.

Sit jou voete in my water sodat ek hulle kan was – hoor ek nog ‘n stem. ‘n Vreemde stem.

DAGBOEKINSKRYWING

Ek weet nie presies wat gebeur het nie.  Was dit ‘n droom? Was dit regtig egtig?

Het die spieëltjie antwoord gegee toe ek vra “Wie is die mooiste in die land?”

My lyf is moeg.  My gedagtes is moeg.  My krag is min.  Ek wil myself gaan weeg, maar ek is bang vir die skaal.  Die monster sit by die skaal en wag.

Ek wil nie uit die bed klim nie.  Ek gaan gou ‘n paar sit ups doen.  Ek moet my maag plat kry.

Ek doen ‘n paar sit-ups.

Rus.

Toe nog ‘n paar totdat my rugstring seer is.  Ek is seker daar is al kneusplekke op my rug.  Dalk moet ek die liewer ‘letsels’ noem. Kneusplekke klink te mooi.

 

Vandag se koevert  het nie ‘n nr op nie. Ek skat dat dit die 8 ste, of 9 de een moet wees.  Ek het ophou tel.  Dalk die 9 de.

Wat het gisteraand in die Restaurant gebeur?

Iemand het ‘n koevert vir my gegee met ‘n seël daarop.  Ek probeer onthou. Al wat ek kan onthou is die hoeveelheid kalorieë in ‘n burger, tjips, brood, roomys.

Ek klim terug in die bed en trek myself toe met die komberse.  Dis ‘n lekker gevoel om tussen so in die bed te bly. Dis asof ek kan wegkruip vir die wêreld.  Ek voel beskermd tussen lakens.  Dis asof die bed en lakens vir my iets gee wat ek nie by mense kry nie.  Die sagte lakens maak die gat in my hart toe.  Die matras troos my seer rug.  Die kussings is ‘n ‘hartsterking’.  Ek wonder waar kom die woord vandaan?  Dit is veronderstel om ‘troos’ te wees.  Maar troos en kussing pas nie bymekaar nie.  Hartsterking werk beter.  Ek hou die kussing vas.

Hoekom sal ek die kussing dan nou wil vashou?

“Opsoek na aanvaarding” tref die woorde my.   Dis soos wanneer ‘n brander jou van agter af vang sonder dat jy dit verwag.

Aanvaarding?

Fok nee….

Aanvaarding vir wat?

Aanvaarding van wag?

Iets kort in jou lewe.  Iets wat jy nooit gehad het nie.

“I do not whant what I haven’t got”

Jy soek dit

Ek soek dit nie.

Jy maak dit op met kos en kots.

“I do not whant what I haven’t got”

Toe raak ek aan die slaap.

Ek weet nie hoe lank ek geslaap het nie.  ‘n Klop aan my deur maak my wakker.

Ek trek ‘n XXL sweetpak broek aan en XL t shirt.

Voordat ek die deur oopmaak, vou ek my hand om my bo-arm.  Duim en middelvinger raak aanmekaar.  Nou mik ek vir duim en wysvinger.

Ek maak die deur oop.

“Hallo, hoe gaan dit met jou?”

“OK”

“Ek het vir jou iets gebring”

“Wat?”

“Iets om te eet”

“Dankie”

“Kyk, ek het dit in ‘n groot papiersak vir jou gebring.  Ekstra servette”

“Wat is dit?”

“Hoenderslaai”

“Dankie vir gisteraand” sê ek.

Die Here weet. Ek weet nie of ek hierdie storie in die teenwoordige of verlede tyd moet skryf nie.  Of future….ek weet nie ek moet skryf.  Liewe leser, moenie oor die time-zone worry nie, want tyd het stil gaan staan…iewers.

Ek staan face to face met die stilte.

“Wat is jou naam nou weer?” vra ek

“Steven”

“Hallo, Steven. Sorry, ek voel bietjie pap vandag”

“Jou oë is bloedrooi.  Daar is kringe om jou oë”

“Ek weet”

“Dit maak nie saak nie. Kan ek inkom?”

“Kom”

Hoe alles gebeur weet ek nie.  Ek is nou al so diep in hierdie siekte. Ek weet nie of ek ooit weer hieruit sal kom nie.  Ek is bleek.  Ek is siek.

“Ek gee nie om oor die kringe en rooi oë nie.  Dis tydelik. Dit sal weggaan.”

“Ek weet darm nie”

“Ek sal die slaai vir jou in ‘n bakkie skep.”

Steven staan op, skep die slaai in ‘n bakkie. Ek is so honger, dit voel of ek die hele bak kan verslind.

Jaag weg die honger – praat die monster.

“Monsters praat met my” sê ek

“Ek weet. Ek verstaan. No stress”

“Kom, proe”

Steven hou die vurk gepak met ‘n stuk hoender en blaarslaai na my toe.  Hy bring dit nader na my mond toe.

“Doen dit net vir my”

Ek is te moeg om my mond oop te maak.

“Jy kan dit doen.  Kyk in my oë dan vat jy ‘n hap.  Moenie vir die kos kyk nie, kyk net in my oë”
“JY MAAK ‘N FOUT. ‘N MOERSE FOUT” skreeu die monster.

“Shut-the-fuck-up” sê ek

“Was dit die monster?”

“Ja”

Ek weet nie hoe hy al hierdie dinge weet nie.  Hy het nie eens hierdie pad gestap wat ek nou stap nie, maar iets maak tog sin in hierdie deurmekaar spul. Ek verstaan nou daai wat hulle sê “Dis soos kots in ‘n tumble dryer”

Ek moet die probeer. Ek kyk diep in sy oë. Hy kyk terug. Sy oë sê “Jy sal ok wees”

Sy oë sê “Trust my net”

Sy oë sê: “Ek sien nie die geraamte raak nie, ek sien die mens.  Ek is jou therapist”

My oë sê: “Dankie”

Hy bring die vurk tot teen my lippe, maar my mond is toe.

“Maak oop” sê sy oë

Ek maak oop.

“Vat ‘n hap” sê sy oë.

Ek vat ‘n hap.

“Sluk” sê hy

“Sorry, ek kan nie.  Ek gaan spoeg”

“Dis ok”

Hy gee vir my ‘n servet, dan die papiersak dan vee my my mond af.

More is nog ‘n dag.

Ons gaan weer probeer.

“Jy is lewend” sê sy oë.

“Dankie” sê my oë.

Neem kennis van die ‘oog-gesprek tussen ons. Nie woorde nie, maar net oë.

 

Advertisements

5 thoughts on “DERTIEN (XIII)

Add yours

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: