TWAALF (XII)

“Kyk, ek het’n prentjie geteken”

“Wat is dit?”

“Dis kuns”

“Lyk baie deurmekaar. Kan nie sê dis mooi nie”

DAGBOEKINSKRYWING:

Sal dit wat ek doen ooit genoeg wees?

Sal dit wat ek sê ooit saak maak?

Sal ek ooit ‘n persoon vir iemand wees…of net ‘n probleem?

……..

“Spieëltjie spieëltjie aan my hand, wie is die mooiste in die land?”

Is dit my skuld dat my ouers moes skei…ek is dan maar net 12 jaar oud.  Het ek dalk iets verkeerd gedoen?  Dalk nie, dalk tog…maar ek weet dat dit my skuld is.

Ek is nie die seun wat hulle wou gehad het nie.  Ek het dit nooit gehoor nie, maar wel in hulle oë gesien.

Ek het die sewende koevert op die ouderdom van 21 oopgemaak.

Die seël gebreek.

In die koevert was ‘n man se trouring, ‘n stukkende troupand van ‘n man en die brief het na wyn geruik.

My maag voel leeg.

My hart voel leeg.

My siel voel leeg.

Ek sal moet eet.  Die monster het gesê dat ek moet ophou eet.  Eet is al wat nou gaan help.

As ek eet sal dit die gat van verwerping toemaak.  Verwerping van ouers wat geskei is.

Ek het ‘n bak roomys geeët.  Dit kom makliker uit as mens kots.

Ek het die helft van die bak geeët en in die toilet gaan kots.

DAGBOEKINSKRYWING.

Ek praat nie van opgooi, of braak nie…want dit is nie dit nie. Opgooi, braak is as mens ‘n maagvirus het of so iets…hierdie is kots…of uitbraaksel as jy wil….maar dit bly kots.  Ek het die bak roomys uitgekots.

…….

Ek het die sewende koevert, die trouring en stukkende troupand in die kots gegooi en weggespoel.

MONSTER:  Dit sal nooit weggaan nie. Dit gaan by jou bly spook.

“Dit is klaar weg”

MONSTER: Dit is nie, dit gaan erger word, maar beter. Doen net wat ek sê.  Volg my instruksies, stap vir stap….ons begin…

Ek haat die monster se stem.  Maar ek moet luister.

Dis aand.

Ek staan voor die skaal.

MONSTER: klim op

“Nee”

MONSTER:  klim op

Ek gaan staan op die skaal.  Ek weeg 64 kg.  Ek is 21 jaar oud.

MONSTER: jy is vet…sien jy.

Die honger het aan my geknaag.  Die lus vir kos, maar daai monster se stem was harder as die lus vir kos.

Ek wil jou graag vertel toe ek uitgevat is vir ete na ‘n mooi restaurant:

DAGBOEKINSKRYING.

Ek het ‘n boyfriend. Hy wil my uitvat vir ete. Klink lekker. Hy is mooi.  Ek sal my oorgroot klere aantrek.

Ek meet my bo arm met my vingers…soos gewoonlik.

Ek vat ‘n papiersak saam, sit dit in my sak.

Hy klop aan die deur.

Ek maak oop.

Hy kyk my aan…en ek kon in sy oë sien hy hou nie van my klere nie. Dis ok.

Ons sit in die restaurant. Bestel kos.  Die monster se stem is harder as ooit.

Ek gaan mal word.

………….

Wat eet jy? Vra my date.

Sommer net sop. (want ek weet dit sal maklik uitkom)

Wat van ‘n stuk steak?

Sjoe, nee dankie.

Ja….JA….

Hy bestel en die kos kom.  Ek sukkel om na die bord kos te kyk.  Een hap, en ek wil kots. Ek spoeg die kos in ‘n servet uit en gooi dit in die papiersak wat ek saam met my dra.

“Is iets fout?” vra my date

“Nee, alles reg”

Alles is ‘n deurmekaarspul in my kop.

My date eet heerlik.  Dis mooi as hy eet.  Sexy, sou ek sê.

“Is ek vir jou mooi?” vra ek.

“Gaan jy nie eet nie?” vra hy duidelik om nie die vraag te beantwoord nie.

Ek vat nog ‘n hap, kou en proe die lekker van kos.  Ek wil mal word….

MONSTER  Jy sluk nie, spoeg uit

Ek spoeg dit uit in ‘n servet en sit dit in my sak.

“Wat de fok gaan aan? Is jy lekker?” vra my date.

“Ek kan nie sluk nie, keelseer”

“Kak man, jy is siek.  Ek mors my fokken geld op ‘n kots-queen” hy haal sy beursie uit, gooi ‘n paar rand op die tafel en sê ek moet maar die res betaal wat ek uitkots….hy loop.

Ek voel leeg.

Wat nou?

MONSTER: nou het jy gewen….geluk.

“Jy het hulp nodig, kom saam met my” hoor ek ‘n stem.

Agter my staan ‘n man.  Hy lyk vreemd, maar vriendelik.

“Mag ek sit?”

“Ja, maar ek weet nie…”

“Moenie praat nie.  Luister net vir ‘n oomblik na wat jy hoor”

“I’m lucky to be alive” sing Tracy Chapman oor die speaker in die restaurant.

Hy kyk na my en glimlag.

“Ek kan jou help” het hy gesê.

Hy het aan my skouer gevat en gesê:

“Dis cool.  Ek sal die papiersak gou gaan weggooi, kry jou goed en ek stap saam met jou by die restaurant uit” en hy vat die papiersak en gooi dit in ‘n asdrom met ‘n swart sak daarin. Dis weg.

“Kom” het hy gesê…en toe smile hy.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: