NEGE (IX)

Die negende koevert het gekom en gegaan.  Die negende seël is gebreek.

Toe vlieg daar ‘n skoenlapper uit.  Toe vlieg hy die son in, en brand sy vlerke af.

Vandag skyn die son.  Die winter is verby.

Vandat die eerste koevert oopgemaak is en die seël gebreek het, was daar agt ander koeverte wat verdwyn het. En ek het geen idee waar hulle heen is nie. Ek het eers weer by die negende koevert bygekom.

“Steek nog ‘n stuk brood agter in jou kas weg vir later vannag” het die monster gesê.

“Ek is vet” het ek gesê.

“Doen dan iets” sê die monster

Ek het my kasdeur oopgemaak en my gunstelling broek aangetrek.  Hy pas nie.

Die monster, bang en die grot maak hulle bekke wawyd oop en sluk my in.

Drink dit.

Drink dit vinnig.

Sluk dit af…

Ek maak ‘n beker vol lou soutwater.  Ek sluk dit.  Uit my mond kom die grom, dan dit gil, dan dan skreeu, die roep en toe die kreet.

“OORWINNING” is die kreet.

Op die gras, langs die lukwart boom, soos gewoonlik, lê die hopie braak, kots, kotsel.  Ek kyk daarna, glimlag, en skop dit toe met los sand.  Nooit het ek die sand opgetel om die kotsel toe te maak nie, maar altyd geskop.

“Moenie ‘n siek hond skop terwyl hy lê nie” het die monster gesê.

“Fokof” en ek skop nog sand op die braaksel.

Braaksel is nie die regte woord nie. Dis te mooi. Kotsel.  Die kotsel.  Die hoop kotsel onder ‘n sandhopie.  Ek voel goed.  Die lukwart het my broer geword, die kotsel my pa, die ‘te veel kos in my maag’ my ma, die kreet my suster en ek het ek gebly.

Ek is 18 jaar oud toe dit alles gebeur het.

Die pad is nou oop en met goud uitgelê. Ek kan hom maar stap.

 

DAGBOEKINSKRYWING EEN

Ek het vandag ‘n pakkie Marie biscuits geeët. Ek het die papier verbrand.

Ek het nog ‘n pakkie salty cracks geeët. Die papier is oor die muur gegooi na die bure toe.

Ek het my kreet by die lukwart boom gaan los.

Ek voel baie goed.

DAGBOEKINSKRYWING TWEE.

Ons almal sit om die tafel en eet.

Ek hou van die brood, ek hou van die wors en baie botter.

Nog ‘n stukkie wors.

Nog ‘n bietjie tamatiesous.

Die monster maak sy keel oop.

Ek stap by bang se grot-bek in.

“Ek gaan net gou die tuinslang skuif, hy is  nou al ‘n half uur by die Gesiggies, verskoon my gou” Ek het uitgegaan, lukwart boom toe, my kreet gelos, sand opgeskop en teruggekom tafel toe.  Nog ‘n stukkie wors.  En ‘n stukkie brood vir later.

DAGBOEKINSKRYWING DRIE

Ek voel glad nie skuldig omdat ek lieg nie.
Dis nie lieg nie, dis ‘n geheim….my geheim.

 

Advertisements

3 thoughts on “NEGE (IX)

Add yours

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: