DRIE (III)

Die monster het bly leef.

Ek kon dit nie verstaan nie.  Elke middag se stap het die monster saam gestap. Straag af het hy my gejaag, straat op het ek hom gejaag.

En toe het ek geweet hierdie monster gaan my vir altyd jaag en ek gaan hom terug jaag.  Elke dag, net voor donker, het ek die stoeltjie nader getrek, op hom geklim, al my klere uitgetrek maar die monster was weg.

Dan het ek weer my klere aangetrek, buite toe gegaan, in die laaste stukkie van die son gaan staan en die monster gesien.

Vir jare het die monster nooit in my kamer ingekom nie. Gelukkig het die dierasie-ding buite gebly.

Ek het gesorg dat my kamer deur elke dag toe is.  Dan as ek gaan slaap, het ek die deur styf toegedruk en onder deur die gleufie het ‘n stukkie lig geskyn. Ek het gedink dis die lig van die lewe.

Jy is nie alleen nie

Jy is alleen

Die spieël is stukkend.

Die spieël is weer aanmekaar geplak.  Ek vra vrae wat nie antwoorde het nie….

My kop het meer en meer deurmekaar geword.  Laat in die nag het ek die ritme van die druppende kraan getel…dan het ek opgestaan en ‘n lap op die kraan gedraai om die drup stil te kry, maar die drup het bly drup in my kop. Tik-tik, Tik-Tak, soos ‘n wekker.

 

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: