Die monster in die spieël het van my ‘n vegter gemaak.
Die terugklink in elke skadu het my angstig gemaak
Krap alles in my siel uit, totdat net ‘n gat oorbly
waarin duisende monsters lê en broei om my dag in,
nag uit, seisoen in, seisoen uit, jaar in en jaar uit te
jaag totdat ek uitasem op ‘n vuil matras iewers in
‘n agtersraat gelê het. Ek het in my broek gepis,
ek het al die mooi in die lewe gemis, die matras
het my stukkie vir stukkie opgevreet, soos ‘n honger haas
wat aan ‘n blaar gebukkend knaag.
My pisreuk het van die musiek ‘n lawaai gemaak.
Die stank aan die matras het gesê “jy moet vir ewig gaan slaap”
Ek het weer in my broek gepis en vir die laaste keer
die 9mill opgetel en teen my bors gedruk om te slaap – vir altyd.
‘n Engel het langs my gebuk, in my oë gekyk en my hand vasgedruk
“Kom ons maak kuns” het die engel gesê.
Die 9 mill het ‘n elektromagnetiese klos geword wat woorde, sinne en paragrawe
in my vel gespeld het, totdat die monster a worrior geword het.
my vegter.
my grygsman.
my kunstenaar.
Leave a Reply