VIR BOETA EN MY PA

Die dag toe sy voete afgekap is…,

Die dag toe sy bene afgesit word…,

Die dag toe sy hande afgesny word

en sy vingers een vir een afbreek…

 

van duimpie tot sy maak…Langeraat tot piepie-in-die-kooi

Die jaar toe sy vel afgekerf is – soos ‘n geslagte dier

En sy ribbes een vir een breek,

sy borskas word ‘n leë grot.

 

Die aand toe sy tong uitgesny is

en sy wange induik van pyn

die nag toe die bang my kom haal het

 

Die vroeg-oggend-voor-sonop, toe sy hart uitgepluk is

En my anker word weggeruk sodat die storm-see my vat en wegslinger…

Toe word JY sy voete, sy bene, sy arm, sy vingers en sy hart.

Vandag is jou hart aan myne vasgeknoop –  want ek is jou ewig dankbaar….

Vir altyd en altyd….

“Vir Boeta Cierenberg”

One thought on “VIR BOETA EN MY PA

Add yours

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Start a Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: