ONS IS NIE EK NIE

ONS IS NIE EK NIE

Onsigbare monsters het my gekoop

En my naam in die skadu gedoop.

Die eerste monster het vir my die nommer gegee

Die tweede monster het my nommer gekoop,

Sommer so sonder vra of gee.

Waar is al die monsters wat agter gordyne en tralies loer?

Die derde Wangedrog het van my ‘n slaaf gemaak

Terwyl Ek ‘n kneg was vir die vierde wangedrog.

Toe die son opkom en die kamer warm maak,

was ek ‘n siersteen, rein en klinkklaar,

die laaste monster het van my ‘n sandpad

gemaak vol stof, toe word ek geneen

en my sondkamer word ‘n tronk van slawerny.

 

Die plastiek tralies op die stuk papier waarop

‘n persoon se gesig is sonder glimlag of naam,

net ‘n nommer beteken meteens fokol,

want die manwees van verspot en lag,

het verander in ‘n nommer van monster-mag.

 

Die son het vir die tweede keer opgekom

en al die monsters uitgebrand, verwoes en vernietig

toe is daar geen barbaar of vuurvreter oor

en ek kry my naam en familie

 

Die stuk papier waarop ‘n monster geskryf het word

‘n aangebrande aanpaksel,

en ek word my eie maaksel,

my eie vrye wil….

Ons is nie ek nie, ek is ek.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Start a Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: