Baklei met my eie gevoel
Baklei met my eie lyf
Baklei met my eie brief
Wat ek alleen sit en skryf
Veg met my eie kyk
Val my eie lyf aan
Slaan vuis teen die ruit
waarin ek staan en kyk
meet kragte met my stry
maak rusie met die gety
veg met jou dink aan my
slaan die son dood vir my
baklei met my karrakter
op my eie tussen seesand
en die dodelike woestyn adder
ken my uit as ek wakker word
Stunning🌻
LikeLike
Baie dankie
LikeLike