Toe die verfbuis oopkraak en breek,
verkleur die aarde na haar oker-kors-geel
tot iewers anderkant Woepertal
Toe die oranje buis oopkraak
en breek, kleur hy liefde in –
by die lenteson, duskant die einder.
Die rooi blikkie keurig oopkraak en breek
Kleur hy die einder in tot duskant die son se treur.
Die gebonte horison en lenteson
liefkoos sy bewende hande.
Die geel straal sy botterblom totdat
die son weer vir hom opkom
Met die bontspul om hom, sing hy
sy liefdeslied tot anderkant
die Kaapse hawe
en hy vind troos in die oker se geel.
Leave a Reply